Die Maja het ’n beskawing tydens die vroeë eeue voor Christus ontwikkel, in die gebied wat Noord- en Suid-Amerika verbind. Hulle gereedskap is uit steen, hout en been gemaak, maar hulle het groot kalksteenstrukture gebou en versier. Hulle het ’n korbeelgewelfstrukture gebruik waarin groot stene gepak is om ’n driehoekige boonste deel te te skep wat spasies vorm. ’n Rykdom van versierings is tipies van die Maja se beeldhouwerk.
Die tempel van Quetzalcoatl is noord van waar Meksiko-stad nou geleë is, gebou. Tempels was in simmetriese groeperings langs ’n breë pad opgerig. Daar is ’n massiewe piramidiese struktuur wat bekend staan as die Piramide van die Son naby die kleiner tempel naby die tempel van Quetzalcoatl. Hy was ’n groot held in die Maja se kultuur.
Die tempel bestaan uit 160 vierkante meter met elke hoek wat wys na ’n punt van die kompas: noord, suid, oos en wes. Dit bestaan uit ses terasse wat elkeen versier is met groot projekterende koppe van die geveerde slang Quetzalcoatl. Hierdie koppe word afgewissel met die koppe van Tlaloc, die reëngod met sy uitpeuloë. Die aansluiting van die koppe is lae reliëfweergawes van die geveerde slang en seeskulpe. Daar is ’n altaar wat ook ’n snywerk van die geveerde slang het.