DIE TWEE LANG KANTE VAN DIE STANDAARD VAN UR, VAN DIE KONINKLIKE GRAF BY UR, 2600-2300 V.C. DIE KANT WAT AAN DIE LINKERKANT GEÏLLUSTREER IS VERTEENWOORDIG DIE HERSTEL VAN VREDE EN DIE EEN AAN DIE REGTERKANT DIE TYD VAN OORLOG, 22 X 50 CM.
Hierdie voorwerp, wat bestaan uit twee stelle houtrame wat bymekaar gehou is deur mosaïekstukke wat in bitumen geset is, is opgegrawe uit ’n begraafplaas vir koninklikes in die stad Ur. Dit is in ’n vertrek van ’n groot graf reg langs die regterskouer van ’n man gevind. Die argeoloog Leonard Woolley, wat die voorwerp gevind het, het gedink dat dit gedenkplate was wat gedurende prosessesies gedra is en het dit daarom “Die Standaard van Ur” genoem. Die gefragmenteerde voorwerp is ondersoek en nadat dit gerekonstruktureer is, is daar besef dat dit ’n boks is waarvan die funksie nie bekend is nie. Die boks is ongewoon omdat dit uit twee groot panele bestaan waarvan die dele aan die einde ’n driehoekige vorm het.
Die mosaïekontwerpe op die vier kante van hierdie boks bestaan uit ingelegde skulp van die Golf, lapis lazuli van Afganistan en rooi lymsteen van Indië, geset in bitumen wat plaaslik in Mesopotamië verkry is.
Hierdie voorwerp kan beskou word as ’n simbool van die oorsprong van die beskawing omdat dit die verhaal vertel van die toepassing van mag in die vroeë Mesopotamiese stad, Ur.