Konstantien, die keiser wat Christenskap gewettig het, was ook die beskermheer van die vroegste kerke wat gebou is. Die Romeinse basilika verteenwoordig die mees praktiese vloerplan. Die basilika was in sekulêre gebou en is gebruik in ’n verskeidenheid vorms en funksies as imperiale troonkamer, hof van geregtigheid, bedekte mark of drilsaal. Dit het gewoonlik bestaan uit ’n groot saal met gange en soms is galerye boaan die gange gevoeg wat aan die kant van die sentrale ruimte was. ’n Houtdak of sementgewelf het die sentrale ruimte bedek. Afangende van die funksie van die gebou sou daar ’n halfsirkelvormige of reghoekige apsis wees waarin ’n standbeeld of borsbeeld van die keiser wees. Die Christelike basilika het hieruit ontwikkel. Die vroegste basilika was die kerk wat Konstantien begin bou het in die 320’s. Dit was aan St Petrus opgedra en is gebou op die plek waar hy begrawe is en is verwoes in die 16de eeu toe die nuwe St Peter-katedraal opgerig is.
By die ingang was ’n stel trappe wat na ’n oop atrium gelei het. Hierdie oop atrium is gebaseer op vroeë Romeinse villas en is omring deur arkades met dakke of ’n reeks boë wat deur suile ondersteun is. Die kant van die atrium na die hoofdeel van die kerk het die narteks geword wat die voorkant van die omringde deel van die kerk was.
Die skip of naaf en die sygange aan die kante daarvan kon van hieraf binnegegaan word. Die skip is geskei van die sygange deur suile wat die oog na die triomfantlike boog gelei het.
KRUISSEKSIE VAN DIE
BINNEKANT VAN OU ST PETER- KATEDRAAL.
Die wyer transep wat lei na die halfsirkelvormige apsis het die T-vormige vloerplan gevorm wat lyk na ’n Latynse kruis. Bo die skip-kollonades, het die basilika boontoe gestrek na ’n intermediêre area. Bo dit was vensters wat lig vir die interieur verskaf het. Getrou aan die filosofie van introspeksie, is daar nie ’n blik op die buitewêreld nie. Hierdie styl is om praktiese redes gekies, maar dit simboliseer ook die venootskap tussen die Ryk en Christenskap.
PLAN VAN DIE OU ST PETER-KATEDRAAL VISUELE KUNSTE 2011