Magsfigure (Nkisi) Magsfigure is gesnede houtbeeldhouwerke wat met spirituele mag vervul is deur ’n ritueelspesialis. ’n Verskeidenheid bestanddele word in magsfigure gekry, soos kruiemedisyne, dieredele, stukke metaal en verskillende soorte veselstowwe, wat almal ontwerp is spirituele mag binne-in die figuur aan te lok en dit daarin te laat opbou – en ook om die figuur te bemagtig om sy voorgenome doel te vervul. Horings van wreedaardige diere is ook dikwels by mags- figure gevoeg om hulle krag te versterk. Meeste van die magsfigure is geskep om baie spesifieke kwessies, soos genesing, voorspelling, beskerming of die aflê van geloſtes aan te spreek. Terwyl meeste magsfigure vir ’n individu geskep is, wat sy of haar magte met ander mag deel, is party magsfigure geskep om ’n hele gemeenskap te dien, wat ’n meer algemene gevoel van welstand bevorder het.
NATUURLIKE HORING
VERGROTE KOP
KRALE
VESELS
SPYKER
AFRIKA-MASKERS
Maskers is geskep om ’n belangrike rol in ’n ritueel of ’n seremonie te vervul. Hulle is ook gebruik om mense af te skrik van belangrike vergaderings. Hulle kon spesiale voorvaders of geeste tydens ’n fees of ritueel verteenwoordig. Wanneer die maskers gedra word, verander die persoon wat dit dra in die betrokke persoon- likheid en dit is waarom die figuur gewoonlik heeltemal bedek word.
In die Westerse wêreld is mense geneig om ’n masker as versiering te gebruik, maar dit is altyd deur die stamme tydens ’n multimedia- vertoning gebruik wat klanke, reuke, beweging en kostuums ingesluit het. Ons het in die hoof- stuk maskers gesien wat uit brons en terracotta gemaak is, maar meeste maskers is gekerf uit hout en is versier met graverings, brandmerke, olie en krale, horings en vesels is ook bygevoeg.