Vergelyk die stilistiese kenmerke van die gelaatstrekke in een van die standbeelde van Tell Asmar met die Akkadiese Brons-kop van Nineve en een van die standbeeldjies van Gudea. Verwys na ooreenkomste en verskille in die drie beeldhouwerke.
’N BRONS-KOP UIT DIE NARAM-SIN-REEKS VAN NINEVE IS WAARSKYNLIK DEEL VAN ’N KONINKLIKE STANDBEELD. DIT DATEER UIT DIE AKKADIESE TYDPERK, C. 2250 V.C.
TWEE STANDBEELDJIES VAN GUDEA VAN TELLO, C. 2150 V.C. C
Die kalsiet-standbeeld aan die linkerkant wys die koning wat ’n vaas vashou wat oorvloei met water en dit is 62cm hoog. Die dioriet-standbeeld van die koning aan die regterkant is 107cm hoog. Daar is ongeveer 20 standbeelde wat koning Gudea uitbeeld waar hy met sy hande saamgevou sit of staan. Hierdie standbeelde is in verskillende tempels regoor die stad geplaas as bewys van die koning se gelowigheid en om die guns van die gode te wen. Die standbeeld wat die koning uitbeeld waarin hy die vaas vashou wat met water oorvloei, is ’n tema wat gereeld gebruik is om te wys dat die koning ’n bron van oorvloed was. Die bonatuurlike vloeistof wemel met visse en dit simboliseer die oorsprong van die lewe. Dit verwys ook na die koning se bevoorregte verhouding met die groot skeppingsgod, Enki.