Al hierdie skoene op die foto het behoort aan mense wat dood is in die Auschwitz- konsentrasiekamp tydens die Tweede Wêreldoorlog. Vandag word die skoene ten toon gestel in ’n yslike glaskabinet in die museum in Auschwitz.
KUNSTENAARS EN SKOENE
Die beroemdste werk van skoene in die geskiedenis van kuns is waarskynlik die paar skoene wat Van Gogh geskilder het (bo). Die skildery se eenvoudige onderwerp van ’n paar uitgetrapte werkstewels het Van Gogh die geleentheid gegee om op kleur en kwashale te konsentreer. Hy het sy verf dik aangewend, en het duidelike verfale in die voorgrond gelaat en ’n kruis-arseringspatroon in die agtergrond gebruik. Hy het net soveel waarde aan sy oppervlak as aan sy onderwerp gegee. Van Gogh het die mooi in die daaglikse lewe gesien, in die dinge wat mense as vanselfsprekend aanvaar, en het hulle na genoeg waarde geskat om te skilder.
VISUELE KUNSTE 2011
VINCENT VAN GOGH, A PAIR OF SHOES, 1885. OLIE OP DOEK