Giotto word dikwels beskou as die stigter van die Renaissance en dat hy die naturalistiese tradisie begin het wat volmaaktheid bereik het gedurende die Hoogte Renaissance. Hierdie toneel fokus op die liggaam van Christus wat omring word deur rouende vroue en dissipels na die kruisiging. Christus lê op die skoot van Moeder Maria, terwyl sy sy kop van die grond af oplig. Johannes maak ’n wilde gebaar van wanhopige smart deur sy arms agtertoe te gooi. Hierdie klaaglied (geween oor Christus) vind plaas in die teenwoordigheid van huilende engele. Die hele tragedie rondom Christus vind in die voorgrond van die skildery plaas. Dit is of die twee gebukte figure wat voor verskyn op die raam van die skildery sit en dit skep die gevoel dat die kyker oor die figure se skouers moet loer om Christus te kan sien. Christus se kop vorm die fokuspunt – al die komposisielyne lei die oog na hom toe, soos die sterk diagonale lyn van die heuwel, die figure wat na Hom toe buig en alle koppe wat na Christus toe draai. Dit is ’n eenvoudige komposisie; maar dit is nie eentonig nie, bv. die leunende figuur van Johannes breek die diagonale lyn van die heuwel. Die boom van die lewe verenig die voor- en agtergrond van die skildery. Die gebukte figuur wat die verste in die voorgrond aan die linkerkant verskyn, bring al die beweging tot stilstand en vorm ’n kontras tussen die emosies oor Christus. Die tragedie van hierdie gebeurtenis is sigbaar in die houdings van die figure en in hulle gesigte, bv. die verlengde oë en gestrekte mond van Maria. Die engele bo hulle beeld ’n werklike onstuimige uitdrukking van hulle smart uit. Alhoewel Giotto buitelyne aan sy figure gegee het, is hulle nie so tweedimensioneel soos tydens Middeleeuse tye nie. Nou is hulle monumenteel en skulptureel. Dit is belangrik dat ons bewus is van ’n werklike liggaam onder die drapering.
Die figure is in ’n vlak ruimte geplaas. Ruimte word hoofsaaklik uitgedruk deur die oorvleueling van die figure. Die lug is blou en skep nie ’n illusie van diepte nie. Kleure is tipies van fresko- skilderwerk; in sagte, poeierskakerings.
VROEË RENAISSANCE
Wie was Masaccio? Masaccio (1401 –1428) is gebore as Tommaso di Ser Giovanni di Simone. Volgens die biograaf en kunstenaar, Vasari, was Masaccio die beste skilder van sy generasie as gevolg van sy vaardigheid om lewensgetroue figure en bewegings te herskep. Hy het ook driedimensionaliteit oortuigend uitgebeeld. Die naam Masaccio is ’n humoristiese weergawe van Maso (kort vir Tommaso) wat “groot”, “vet”, “lomp” of “morsige” Tom beteken. Ten spyte van sy kort loopbaan, hy is dood toe hy 27 jaar oud was, het hy ’n geweldige invloed op ander kunstenaars gehad.
VISUELE KUNSTE 2011
“Gebore in armoede, byna onbekend tydens die beste deel van sy kort lewe, het hy op sy eie die grootste revolusie wat kuns ooit geken
het, uitgevoer.” - Delacroix
“Giotto, vader van Westerse skilderkuns”
Die Westerse kunstradisie het gedurende die vroeë Renaissance ontwikkel. Dit is ’n breë term vir die kuns van Europa tot en met die 19de eeu. Dit steun op naturalisme, wat beteken dat die kunswerk probeer om iets as naturalisties en so oortuigend as moontlik uit te beeld. Die kunswerk is soos ‘’n venster op die wêreld’. Een van die eienskappe is die klem op individualisme. ’n Kunstenaar soos Leonardo da Vinci is bekend vir unieke kunswerke wat anders as enige ander werk is. Vergelyk dit met Afrika- kuns waar kuns funksioneel in die samelewing is en ons nie die name van die kunstenaaars ken nie. In Westerse kuns ken ons die ‘groot’ name en vereer hulle uniekheid.