Meeste elemente van Gotiese argitektuur was teenwoordig in Romaanse geboue. Gotiese argitekte het hierdie elemente ontwikkel om meer ruimte te verskaf en om minder boumateriale te gebruik. Die twee hoofelemente wat die argitektuur in die Gotiese getransformeer het, was die gepunte boog en die vlieënde stutmuur.
MIDDESKIP VAN CHARTRES-KATEDRAAL
DIE MIDDESKIP VAN DIE CHARTRES VAN ONDER BESKOU WYS DIE KRUISRIBBES VAN DIE GEWELF.
Die gebruik van die gepunte boog om die skip te bedek in plaas van halfsirkelvormige boë het die geleentheid geskep om ’n groot area te dek en om tot enige hoogte te strek, ongeag van sy omvang. As dit vergelyk word met die sywaartse verspreiding van gewig deur die geronde boog, is die drukkrag van die gepunte boog na onder op sy ondersteunende stut. Dit het gelei tot ’n struktuur wat ligter en makliker was om te bou.
Die funksie van die vlieënde stutmure is om die uitwaarse drukkrag van die gewelf te weerstaan. Stutmure is oorspronklik gebruik in Romaanse argitektuur, maar dit was bedek onder die dakke en het bygedra tot die swaar struktuur en beperkte vensterspasie. Deur die stutmure te ontbloot en hulle in kombinasie met ligter ondersteuning te gebruik, het die Gotiese vlieënde stutmuur bygedra tot die visuele ondersteuning van die dak wat opwaarts gerys het en meer vensterspasie toegelaat het.