Die woord Renaissance beskryf die periode van die 14de eeu tot die 16de eeu in Europa. Die Renaissance het in Italië tydens die laat-Middeleeue ontwikkel, vanwaar dit na die res van Europa versprei het. Die Renaissance verteenwoordig ’n geleidelike verskuiwing vanaf die Middeleeue in mense se denke en hulle lewensbeskouing.
PARTY VAN DIE FAKTORE WAT TOT DIE ONTWIKKELING VAN DIE RENAISSANCE, SPESIFIEK IN ITALIË, GELEI HET:
• Italië het het die oorblyfsels van die eens glorieryke Romeinse Ryk in oorvloed gehad. Italianers het weer die geskriſte, filosofie, kuns en argitektuur van die antieke Grieke en Romeine ontdek. Hulle het begin om die Klassieke Wêreld as ’n Goue Eeu te sien wat weer lewe in hulle samelewing kon blaas.
• Die val van Konstantinopel in 1453 wat deur die Ottomanse Turke bewerkstellig is, het veroorsaak dat baie Griekse geleerdes na Italië toe gevlug en hulle het belangstelling in die Klassieke Beskawings aangemoedig.
• Die noordelike Italiaanse stede het voordeel getrek uit die handel met die Ooste wat moontlik gemaak is deur die reise van Marco Polo en het baie ryk geword.
• Die leenstelsel in Italië het tot niet gegaan wat die vestiging van nasionale state tot gevolg gehad het.
• ’n Magsverskuiwing het plaasgevind wat die ryk finansiers in plaas van die aristokrasie bevoordeel het. In Florence, het die bankfamilie van die Medici ’n belangrike rol gespeel in die begunstiging en stimulering van die kunste.
WOORDELYS
RENAISSANCE Die Italiaanse humaniste het hierdie nuwe neiging die rinascimen- to genoem, wat ’n hergeboorte van die Klassieke beteken. Tydens die 19de eeu is die naam Renaissance (geboorte of herlewing) gegee aan die 15de en 16de eeu.