Ife-beeldhouwerk, 11de eeu Dit is ’n bronsbeeldhouwerk wat 40cm hoog is en is ’n figuur wat die koning, die hoof van die Yoruba-stamme, vereer. In Afrika-beeldhouwerk word die proporsies van die figuur dikwels simbolies vergroot. Sy kop is groter gemaak om intelligensie en leierskap aan te dui. Die wasgietproses is gebruik en die figuur is uit was geskep. ’n Klei-vorm word dan gemaak en wanneer dit droog is, word dit verhit om ontslae te raak van die was. Gesmelte metaal word dan oor die vorm gegooi. In kontras tot die geometries- gekerfde Afrika-figure is hierdie figuur en gesig meer naturalisties gerond omdat dit in sagter was gemaak is. Die koning dra ’n simboliese kopstuk en de- koratiewe juwele, gepas vir die adel.
Benin-beeldhouwerk, Kop van die Koningin-Moeder, 16de eeu. Hierdie formele, simmetriese “portret” van ’n koningin is ’n uitbeelding van die hoogtepunt wat in die 16de eeu deur die Beninse beeldhouwerkers bereik is. Die verlore wasgietproses sou gebruik wees tydens die konstruksie wat die driedimensionele ronding van die gelaatstrekke moontlik gemaak het. Sy dra ’n hoë keëlagtige hooſtooisel met ’n geweefde patroon wat deur gevlegde hare geskep is. Om haar nek is ’n nousluitende halssnoer wat waarskynlik tipies van haar stamgebruike was. Die voetstuk beeld visie uit. Die gesig het ’n heilige en rustige uitdrukking, en verskil nie soveel van die Renaissance-kuns wat gedurende dieselfde tydperk in Europa geskep is nie.
Beeld uit Sentraal-Afrika Hierdie 35cm-gekerfde houtfiguur kom uit die deel naby die Kongorivier wat voorheen bekend gestaan het as Zaïre. Die datum waarop dit gemaak is, beteken dat dit ’n redelike onlangse werk is, maar twee feite moet onthou word. Eerstens, hout-, klei- en geweefde voorwerpe sou nie vir eeue behoue kon bly nie en al- hoewel hierdie samelewings vir eeue bestaan het, het ons nie ouer voorbeelde van hulle kunswerke nie. Tweedens, alhoewel die res van die wêreld besig was om vinnig te ontwikkel, was daar mense in vele afgesonderde dele van die wêreld wat voortgegaan het met ’n stamlewenstyl. Die standbeeld was heel waarskynlik ’n graſtombe vir die siel van ’n afgestorwe adelvrou. Sy sou as ’n magsfiguur beskou word en die stamlede sou haar aanbid het en offerandes vir haar gebring het. Die verskillende eienskappe van hierdie werk is oor die algemeen tipies van Afrika-snywerk:
• Die gelaatstrekke is geneig om geometriese vereenvoudigings te wees.
• Die kop is vergroot en dui spiritualiteit aan. • Die liggaam is klein aangesien dit nie so belangrik is nie. • Die baba word simbolies opgeoffer. • Die bronsversiering is geometries.
VISUELE KUNSTE 2011
VOORVADERFIGUUR WAT MOEDER EN KIND VEREER, 19DE EEU