Apollo, die god van lig en die son, waarheid en profesie, medisyne, geneeskrag, plaag, musiek, digkuns, kuns en nog meer word voorgestel as die heroïese god op die westelike kroonlys van die tempel van Zeus in Olympia. Sy kalm gesag is direk in kontras met die brutale houding van die Centaurs. Hy word gesien as die een wat in beheer staan van die triomf van goed en orde.
Dionysos was die god van wyn, ekstase en dronkenskap. Hier word hy voorgestel as deel van die oostelike kroonlys van die Parthenon in ’n toneel wat Athena se se wonderbaarlike geboorte uitbeeld.
Alhoewel die antieke Grieke nie die twee gode as mededingers beskou het nie, het die moderne Westerse filosofie en literatuur die idee geskep dat hierdie twee gode opponente is. Apollo stel manlikheid, helderheid en rede voor terwyl Dionysos ’n mag van chaos voorstel wat spontaan en emosioneel is. Dit is deur sommige mense gesien as die twee grondbeginsels van die Griekse kultuur.
Mount Olympus was oorspronklik ’n geïdealiseerde berg wat in later jare geassosieer is met hierdie spesifieke bergtop.
Die godsdienspraktyke van die Grieke het hule oorsprong in die Bronstyperk gehad. Aanbiddingseremonies vir spesifieke gode het in heiligdomme plaasgevind. Hier was daar duidelik afgebakende ruimtes wat heilige dele gehad het, aangesien die binnekant van die tempel as ’n huis van die god eerbiedig is en daar was ook ’n beeld van die spesifieke god in die tempel. Offerandes en seremonies het buite die tempel op ’n altaar plaasgevind. Die belangrikste ritueel was wanneer ’n dier geoffer is. Godsdienstige feeste vir spesifieke gode is deur die jaar gehou terwyl daar elke vierde jaar vier groot feeste gehou is by Olympia, Delphi, Nemea en Isthmia. Griekssprekende mense het van oral gekom om die feeste by te woon. Die Grieke het nie ’n enkele heilige skrif ontwikkel soos die Moslems of die Christene nie en die priesters was ook nie van ’n spesifieke sosiale orde nie.
Die Grieke het geglo in ’n nadoodse lewe in die Onderwêreld. In hierdie diep plek onder die aarde het die oorledenes se skauwees rondgedryf.
Die Onderwêreld was beheer deur Zeus se broer, Hades, asook sy vrou, Persephone en Poseidon. Hulle het geglo dat, sodra iemand sterf, verlaat die gees die liggaam soos ’n asempie of ligte windjie. Familie en vriende het eers oor die oorledene by ’n (nag) waak getreur voordat hy in ’n lykstoet na ’n graf geneem is. Die reghoekige graſte was gemerk met ’n standbeeld of ’n marmerblad waarop daar noukeurig gegraveer is. Onsterflikheid het afgehang daarvan of die oorlewendes die ontslapene onthou.