Fantasie: iets wat slegs in die verbeelding bestaan Fasade: voorkant van ’n gebou
Fatsoen: ’n 3D-fatsoen, volume en fatsoen van ’n 3D-voorwerp of die illusie daarvan op ’n 2D-oppervlak; oorkoepelende fisiese aspek eerder as die inhoud van die werk. ’n Vorm het hoogte, wydte en diepte. Dit verwys ook na die illusie van volume in ’n tweedimensionele werk
Figuratief: figure en voorwerpe wat herkenbaar is, maar nie noodwendig lewensgetrou nie. Alle naturalistiese kunswerke is figuratief, maar nie alle figuratiewe werke is naturalisties nie
Figuur/grond: word in tweedimensionele terme gebruik; verhouding tussen voorgrond (figuur) en agtergrond/ruimte rondom (grond); sien ook terme negatiewe teenoor positiewe ruimte
Fokuspunt: die area van belang waarheen die kyker se oog getrek word wanneer daar na die kunswerk gekyk word
Formalisme: gegrond op formele aspekte van ’n kunswerk. lyn, kleur, tekstuur en vorm word beklemtoon eerder as die idee om die realistiese weergawe van iets te kopieer
Formele elemente: term gebruik om die tegniese struktuur, komposisie en kunsvorm te beskryf; term kan verdeel word in onderafdelings soos kunselemente (byvoorbeeld lyn, tekstuur, kleur, ens.) en ontwerpbeginsels (byvoorbeeld balans, proporsie, skaal, ritme, ens.)
Fotografie: die proses en kuns om beelde deur middel van lig op ’n ligsensitiewe medium soos film of ’n elektroniese sensor vas te vang. Digitale fotografie werk met ligsensitiewe digitale beeldelemente
Fotomontage: ’n vorm van collage waar dele van verskillende foto’s aanmekaargeplak word om ’n beeld te vorm.
Fragmentasie: om iets in aparte stukke/fragmente te breek/verdeel
Frontaal: driedimensionele voorwerp wat primêr vra om van een hoek/gesigspunt af gesien te word
Frottage: vryfwerk oor growwe oppervlakke word dikwels as beginpunt gebruik om die onderbewuste te aktiveer
Funksionalisme: funksie van ’n voorwerp of gebou bepaal vorm en skoonheid
Funksioneel: werk behoorlik; prakties sonder om dekoratief of luuks te wees