Albei hierdie werke is in die 16de eeu geskep. Skryf ’n kort vergelyking oor eienskappe tussen hierdie gesigte wat teen ongeveer dieselfde tyd maar op verskillende konti- nente geskep is.
NEEM DIE VOLGENDE IN AG: • Gelaatstrekke • Media en tegniek • Styl • Betekenis
LEONARDO DA VINCI, MONA LISA (DETAIL) 1513. ITALIË, OLIE OP PANEEL
BENIN-KONINGIN, C. VROEË 16DE EEU, BRONS
KUNSTENAARS BEÏNVLOED DEUR AFRIKA-KUNS
Aanvanklik het Westerlinge Afrika-maskers as “primi- tief” beskou en nie as kuns erken nie. Dit was slegs aan die begin van die 20ste eeu dat kunstenaars soos Picasso begin het om Afrika-kuns as inspirasie te gebruik dat Afrika-kuns werklik “kuns” geword het. Picasso is beïnvloed deur die fragmentering wat hy in Afrika-kerfwerk gesien het. Hy het sy figure en gesigte in gefasetteerde vorms verander en het hoofsaaklik geverf in monochromatiese skakerings van natuurlike soorte bruin, blou of groen.
Watter ander invloede van Afrika-kuns kan jy in hierdie werk sien?
Cecil Skotnes is ’n Suid-Afrikaanse kunstenaar wat Afrika-kerfwerk bewonder het. Hy het houtsnee geskep (houtpanele wat in ’n reliëfpatroon gesny is en waarby ink gevoeg is). Hy het later begin om die houtsnee waarvan hy sy afdrukke gemaak het, te verf. Dit het hom ’n nuwe tegniek gebied.
Watter ooreenkomste en verskille sien jy tussen sy werk en Afrika-kuns?
CECIL SKOTNES, FIGURE COMPOSITION, 1966
VISUELE KUNSTE 2011
PABLO PICASSO, THREE FIGURES UNDER A TREE, 1907 – 8. OLIE OP DOEK