GEVONDE VOORWERP - ’n Voorwerp wat as ’n kunswerk, of as deel van ’n kunswerk aangebied word, maar wat nie oorspronklik bedoel is as kuns nie, bv. ’n bottel, ’n veer, ens.
KONTEMPORÊR - Kontemporêre kuns word gewoonlik beskou as die kuns van die 1970s tot vandag en is nie tradisioneel nie, maar op die voorpunt van kuns.
1.9
DRIEDIMENSIONELE WERK - Jou onderwyser sal die aktiwiteit lei.
D
Een van die wonderlikste dinge van kuns is dat dit die ondenkbare sigbaar maak. in die drukwerk regs het lampert ’n sprinkaan met ’n weermagtenk geïntegreer en iets geskep wat ons miskien in ons drome sou teëkom.
neem ’n baie ou skoen en verander dit in ’n insek (sprinkaan, naaldekoker, ens.) OF verander dit in ’n masjien (tenk, helikopter, grassnyer, ens.). Spoor bronmateriale (prente) van jou insek of masjien op.
NICHOLAS LAMPERT, LOCUST TANK, 2006. DIGITALE AFDRUK.
Maak werkende sketse van hoe jy jou skoen in ’n insek of in ’n masjien gaan verander. Jy mag enige materiaal gebruik om hierdie transformasie te skep. Dink aan hoe jy draad, blikkies, plakkate, tou, dele van ou speelgoed, soos wiele, ens. kan gebruik. Bespreek die konstruksie van jou beeldhouwerk met jou onderwyser. Spuit of verf die finale werk in een kleur om die vorm daarvan te beklemtoon.
OPSOMMING
’n MEDIUM word gebruik om ’n kunswerk te skep. Verskillende media het verskillende eienskappe.
TEGNIEKE verwys nie na die medium nie, maar op watter wyse die kunswerk gemaak is. Byvoorbeeld, as jy na ’n skildery kyk, verwys die tegniek na hoe die medium gebruik is. Is die kwashale goed gemeng, onsigbaar of impasto?