VOORVERKORTING is die verkorting van die diepte-dimensie. In hierdie skildery is die figuur van Christus dramaties verkort.
MANTEGNA, THE DEAD CHRIST, 1480 – 1490. TEMPERA OP DOEK.
1.7
RUIMTE - Jou onderwyser sal die aktiwiteit lei. ’N LANDSKAP VAN SKOENE
Kyk hoeveel prente van skoene jy in tydskriſte of koerante kan kry. Maak afdrukke van hierdie prente in verskillende groottes. Jy het ten minste vyf skoene nodig. Knip hulle uit en maak ’n komposisie wat diepte uitbeeld. Onthou dat groter skoene in die voorgrond moet wees, en kleiner skoene in die agtergrond. Gebruik wit verf (pVA is ’n goeie keuse) en versag die skoene in die agtergrond deur hulle droog te borsel. Gebruik ’n swart balpuntpen om die besonderhede van die skoene in die voorgrond te beklemtoon. Jy kan die prente dalk in ’n spesifieke ruimte plaas, soos op die skoolterrein. Teken die skoene deur die reëls van perspektief te volg. Voeg nog besonderhede met jou pen by. Jy kan ook swart inkspoeling gebruik (teken-ink wat verdun is met water) om verskillende skakerings te skep.