Ontwikkel jou eie kreatiewe interpretasie van ’n portret met ’n simbool. Jy mag ’n portret van iemand wat jy ken maak of ’n selfportret maak.
In hierdie portret deur Leonardo da Vinci was die hermelyn ’n simbool van kuisheid en reinheid. Volgens legende, het dit gesterf as sy wit pels vuil geword het.
LEONARDO DA VINCI, CECILIA GALLERANI, 1484.
7.1
TEMA: PORTRET MET ’n SIMBOOL -Jou onderwyser sal hierdie aktiwiteite lei. .
Begin met jou BRONBOEK. DIE VOLGENDE IS ’N PAAR OPSIES OM IN JOU BRONBOEK TE ONDERSOEK:
• Soek portrette uit die Renaissance. Plak afdrukke van enige vyf portrette in jou bronboek. Skryf neer wat jy interessant oor hulle vind, bv. die maniere waarop die figure staan, hulle uitdrukkings, klere, ens.
• Besluit op jou ‘model’ – jyself, ’n vriend, ’n familielid, ens. Besluit op die houding en maak vinnige sketse om jouself met die onderwerp vertroud te maak.
• Maak ’n breinkaart om te besluit wat jy gaan insluit as ’n simbool saam met jou portret.
• Maak ’n finale skets om jou komposisie te finaliseer. • Nadat jy jou taak voltooi het, kan jy skriftelik oor die hele proses besin.
Jou opdrag is om ’n finale kunswerk met die tema van ’n simboliese portret te maak. Jou kunsonderwyser sal jou tydens hierdie proses lei en mag jou verdere instruksies omtrent die media, grootte, tegniek, ens. gee. Voltooi jou kunswerk onder leiding van jou kunsonderwyser.
MET KUNS IS DIT ALTYD BELANGRIK OM KREATIEF TE DINK.