(1867 – 1944) is in Holland gebore en daar opgelei voor hy na Suid-Afrika toe getrek het. Sy Hollandse wortels is duidelik te sien in hierdie stillewe vanwee sy keuse van onderwerpe en sy hantering van die tema. ’n koperpot en uie lyk of dit willekeurig geplaas is op ’n tafel wat deels bedek is deur ’n grofgeweefde stuk materiaal. Dit is ’n eenvoudige en alledaagse versameling van voorwerpe. Dit gaan nie oor ’n dieper betekenis in hierdie werk nie, maar die versigtige uitbeelding van elke voorwerp. Die styl is baie naturalisties. oerder plaas baie klem op die verskeidenheid skynsels en teksture. kleure is gedemp en nie van primêre belang in sy werk nie. Die wye reeks tone tussen die ligplekke en skaduwees herinner duidelik aan die Hollandse 17de eeuse stillewes.
Suid-Afrikaanse kuns
FRANS OERDER, STILL LIFE WITH CAULDRON AND ONIONS, NO DATE. OLIE OP DOEK
IRMA STERN (1894 – 1966) het kuns in Duitsland studeer en sy is daar beïnvloed deur die Duitse ekpressionisme. Stern het ook uitgebreide reise in Afrika onderneem en het Afrika- maskers en beeldhouwerke versamel. In hierdie stillewe sien ons twee van die maskers wat sy versamel het. ’n erdepot met blare en ’n aronskelk, en ’n swaargevoude lap voltooi die komposisie. Stern het haar gevoel oor die onderwerp gewys deur verwringing en deur sterk, wye ekspressionistiese kwashale. Sy gee ons nie ’n gedetailleerde beskrywing van die voorwerpe nie, maar ’n spontane en direkte interpretasie. Daar is ’n rusteloosheid in haar werk; asof die skildery uit die raam uit wil breek. Die kwashale wissel tussen breë, sterk hale en meer sensitiewe hale – ons kan die verf ‘voel’.
IRMA STERN, STILL-LIFE WITH MASKS, 1954. OLIE OP BORD
Stern het in haar joernaal geskryf dat sy ‘prente skilder met haar hart se bloed’. Sy het die kwas gebruik om vorms op ’n liniêre manier te beklemtoon. Sy is een van die eerste Suid- Afrikaanse skilders wat aan die stillewe ’n Afrika-identitiet gegee het deur die insluiting van maskers.