Michelangelo het homself as ’n beeldhouer beskou en het bitterlik gekla dat die opdragte wat hy gekry het om die die fresko’s in die Sistynse kapel te skilder, hom weerhou het het van dit wat hy as sy lewenswerk beskou het. Nietemin word hy vandag hoofsaaklik onthou as die kunstenaar wat die plafon van die Sistynse kapel en vir die muur waarop hy Die Laaste Oordeel, ook in die Sistynse kapel, geskilder het.
Doen navorsing oor die Sistynse kapel en skryf nie meer as twee bladsye oor hierdie meesterstuk. Kies een toneel uit hierdie werk om in detail te bespreek. Maak seker dat jy die volgende vrae beantwoord:
• Wat was die agtergrond tot hierdie skildery?
• Hoe is die skildery gemaak?
• Wat word in die skildery uitgebeeld? Hoe word hierdie ‘storie’ vertel?
• Wat is stilistiese kenmerke van hierdie werk, bv. perspektief, akkurate anatomiese kennis, ens.?
Illustreer jou taak met relevante beelde en onthou om onderskriſte by te voeg. Noem jou bronne ook duidelik.