Mense wat in die Laat Steentydperk geleef het, voorvaders van die San, het meeste van die Rotskuns wat in Suidelike Afrika voorkom, geskep. Die San-mense van Suidelike Afrika staan ook as die Boesmans bekend.
2 .2 Voltooi in jou VKS-werkboek.
Vind uit waarom die San-mense Boesmans genoem is. Doen navorsing oor die gedrag van die ‘Boesmans’ wat die vroeë setlaars in die tyd van Jan van Riebeeck gepla het. Skryf twee paragrawe in jou Visuele Kultuurstudie-werkboek waarin jy ’n argument uiteensit oor die uitgangspunt van die boere wat hulle diere moes invoer en die San wat moes jag om te oorleef.
LIGGING
Rotskuns word gewoonlik gevind waar verweerde rotswande beskerming of oorhange vorm. Dit word geglo dat die Rotskuns wat nog bestaan net ’n paar honderd jaar oud is, maar daar is ontdekkings van steengereedskap by party terreine gevind asook patrone op oker by ’n terrein langs ons kuns wat aandui dat baie van die kuns oor tyd verweer het aangesien daar bewyse bestaan van baie vroeë inwoners.
LINTON-PANEEL, VERWYDER VANAF ’N PLAAS IN DIE OOS-KAAP IN 1917.
Rotskuns kom voor op baie plekke regoor die wêreld. Die skilderye wat in die Lascaux-grotte in Frankryk gevind is, het ooreenkomste met die skilderye wat in Suidelike Afrika ontdek is, alhoewel die kunstenaars geen kontak met mekaar gehad het nie. In albei liggings, beeld die kuns groot diere uit wat gesog was vir jag en bewonder is vir hulle krag en mag. Daar is ooreenkomste in kleure, materiale en simbole, soos negatiewe handafdrukke, wat op albei kontinente gevind is.