Die reliëf op Augustus se borsplaat simboliseer sy oorwinnings. Die gunste wat die gode en godinne aan hom geskenk het deurdat hy hulle verteenwoordig, dui daarop dat hy ’n uitstekende leier is. Die sentrale toneel wys ’n Parthiaan, in los klere geklee soos ’n barbaar, wat ’n legioenêre banier oorhandig aan of ’n Romeinse soldaat of die godin Roma. Die onderwerp van hierdie toneel dui op die diplomatiese oorwinning van die Romeine oor die Parthiane onder Augustus se leierskap. Die hemeldak wat omhoog gehou word deur die god van die lug en moeder aarde met twee babas en ’n horing met ’n oorvloed van vrugte, simboliseer dat vrede oor die hele Romeinse Ryk heers. Die vorste van die heelal word ook uitgebeeld deur die volgende wat ingesluit is: Apollo en Diana links onder en die songod, Sol, en die maangodin, Luna, regs, naby die keiser se skouers.
Die simboliese verwysing na die Augustus familie se goddelike voorsate, die Juliane, word uitgebeeld deur die teenwoordigheid van Cupid op ’n dolfyn, by die heerser se voete. Die Juliane het aanspraak daarop gemaak dat hulle afstammelinge is van Aeneas, die stigter van Italië, wat op sy beurt die seun van Venus is en die halfroer van Cupid. Die dolfyn mag dui op die geboorte van Venus soos sy uit die see opkom, of Augustus se oorwinning op see by Actium. Weer eens word Augustus se goddelikheid versterk deur hierdie deel van die standbeeld.