Die ryk Hollandse inwoners het gretig genreskilderye versamel om in hulle huise uit te stal. teen 1640 was die basiese tipe van die Hollandse stillewe gevestig. Die komposisie sou gewoonlik bestaan uit ’n tafel teen ’n leë agtergrond met die voorwerpe wat in ’n algemene opwaartse en diagonale rigting geplaas is. Daar sou glase en silwer borde op die tafel wees asook die oorblyfsels van ’n heerlike ete – wat die idee oorgedra het van ydelheid en die verganklikheid van die menslike lewe.
Vanitas is ’n soort stillewe wat ’n versameling van voorwerpe uitbeeld wat die kortheid van die lewe simboliseer en die verganklikheid van alle aardse plesiere en prestasies. Voorwerpe sou uurglase insluit met die sand wat uithardloop, skoenlappers, skedels, spieëls, blomme, kerse en ’n horlosie, ens.
WOORDELYS
GENRESKILDERYE is skilderye wat tonele uit die daaglikse lewe uitbeeld, soos ’n huislike lewe, dorpstonele en stillewes.
PIETER CLAESZ, VANITAS STILLEWE, 1625. Wie was Vermeer?
Jan Vermeer (c. 1632 - 15 Desember 1675) was ’n Hollandse skilder wat gespesialiseer het in, huislike binnetonele van middelklaslewe. Vermeer was ’n taamlik suksesvolle provinsiale genreskilder in sy lewe. Hy was nooit werklik ryk nie, en het sy vrou en kinders in skuld gelaat na sy dood, waarskynlik omdat hy relatief min skilderye gemaak het.
Jan Vermeer is bekend as ‘Vermeer van Delft’ om hom te onderskei van twee skilders met soortgelyke name. nie baie is bekend oor Vermeer nie. Dit wil voorkom of hy baie min skilderye gemaak het en slegs 35 van sy werke het behoue gebly. Sy werk kan as genreskilderye geklassifiseer word.
Meeste van Vermeer se skilderye verteenwoordig interieure met net een of twee figure wat musiek maak, briewe lees, ens. In hierdie skildery is ’n meisie besig om melk uit te gooi.
VISUELE KUNSTE 2011
Die interieur word sterk belig deur die venster aan die linkerkant van die skildery. Die kyker word nie toegelaat om die buite wêreld te sien nie. Alles begin en eindig in hierdie vertrek. Die agtergrondmuur is parallel aan die skildery se oppervlak. Hierdie alledaagse toneel skep ’n tydlose wêreld van kalmte, so anders as Rembrandt se passie en misterie.