Die tradisie van ikone was veral baie sterk in die Oostelike Romeinse Ryk. ’n Ikoon is ’n verteenwoordiging van heiliges en martelaars op klein panele in ’n vooraansig. Privaat individue het die ikone saam met hulle gedra en dit selfs as halssnoere gebruik. In die kerk is rye en rye ikone gehang, nie om aanbid te word nie, maar as ’n manier om deur hulle te aanbid. Die tipiese portret het ’n klein mond, dun neus en sterk wenkbroue gehad. Christus as ’n baba is altyd as ’n klein volwassene uitgebeeld.
DIE BOEK VAN KELLS – ’N HELE BLADSY IS OPGEDRA AAN DIE CHI- RO-MONOGRAM
MANUSKRIPVERSIERING
DIE GESTILEERDE UITBEELDING VAN CHRISTUS IN DIE
BOEK VAN KELLS WYS DIE INVLOED VAN BISANTYNSE KUNS.
Manuskripprente op hulle eie verteenwoordig ’n volledige geskiedenis van Middeleeuse gedagtes. Die idees wat gemanifesteer het in beeldhouwerke en argitektuur is voorafgegaan deur dit wat uitgedruk was in manuskripversiering. Die miniatuurskilderye wat onwikkel het as gevolg van die illuminasie van manuskripte was die modelle vir die skepping van groter kunswerke. Dit verteenwoordig gevolglik die stilistiese kenmerke en tematiese interpretasies van kunstenaars deur die Middeleeue. Die Boek van Kells is een van die vroeë voorbeelde van manuskripversiering wat die invloed uitbeeld van die dekoratiewe aspekte van Bisantynse kuns in terme van die oordadige gebruik van patrone en simbole asook die gestileerde verteenwoordiging van mense- en dierefigure. Geskep in Ierland tussen 700 en 800 n.C. Dit bevat die vier Evangelies van die Nuwe Testament.