Die storie word in prente met onderskriſte vertel, soortgelyk op die manier waarop boeke geïllustreer is of moderne strokiesprente uitgebeeld word. Die inskrywings is in Latyn en bied verduidelikende beskrywings van die tonele aan; so word waninterpretasie vermy. Die dekoratiewe soom aan albei kante is lopende kommentaar, ’n tradisie wat ook in geïllumineerde manuskripte gebruik word. Die figure van verskillende diere word gebruik om kommentaar te lewer deur na Aesop se fabels te verwys, wat die moraliteit van die situasie onder die kyker se aandag bring en idees soos verraad en geweld aandui. Soms ‘val’ figure in die hooſtoneel ook in die soom, soos kaal, verminkte liggame wat na ’n veldslag agtergelaat word.
HAROLD KRUIS DIE KANAAL EN LAND BY PONTHIEU, DIE GEBIED VAN GRAAF GUY. HY WORD TWEE KEER UITGEBEELD – WAAR HY AAN LAND KOM EN WAAR HY OORROMPEL WORD DEUR GRAAF GUY SE SOLDATE
HAROLD WORD NA GRAAF GUY SE HOF GENEEM. IN HIERDIE TONEEL IS HY VOOR DIE RES VAN DIE SOLDATE OP ’N PERD MET SY VALK. ALHOEWEL HY ’N GEVANGENE IS, WORD HY MET RESPEK BEHANDEL.
AAN DIE LINKERKANT PRAAT HAROLD MET GRAAF GUY WAT OP SY TROON SIT. AAN DIE REGTER- KANT DAAG BOODSKAPPERS VAN WILLIAM OP OM HAROLD SE VRYLATING TE VEREIS.