2. MAAK KREATIEWE KUNSWERKE EN DOEN ’N VOORLEGGING
Teken is ’n verpligte deel van alle praktiese opsies van Visuele Kunste. Gespesialiseerde opsies sluit teken, skilder, beeldhouwerk, drukwerk, multimedia, fotografie, keramiek-beeldhouwerk, installasies, nuwe media, ens. in.
Jy sal ’n geskrewe opdrag ontvang en oor die volgende feite ingelig word voor dat jy met jou werk begin:
•
Die taak se spesifieke doel of die eindproduk wat verwag word ten opsigte van medium, grootte, ens.
• Bronne wat beskikbaar is vir verwysing/navorsing/ ondersoeke en eksperimentasie.
• Assesseringsprosedure wat gevolg word/maatstawwe wat gebruik word.
• •
Spesifieke, nie-onderhandelbare datums vir die inhandiging van werk; kontrolepunte soos jy vorder.
Enige moontlike beperkings en/of riglyne vir die opdrag.
• Geskikte media, tegnieke vir en/of benaderings oor die opdrag.
Aktiwiteite vir die Visuele 3.
BESTUDEER KUNSWERKE OM DIE HISTORIESE, POLITIEKE, SOSIALE EN/OF EKONOMIESE AGTERGROND VAN SAMELEWINGS/STYLE/ BEWEGINGS EN INDIVIDUELE KUNSTENAARS IN VISUELE KULTUURSTUDIES (VKS) TE VERDUIDELIK.
Jy het ’n werkboek (’n A4 harde- of sagteband oefeningboek) vir Visuele Kultuurstudies nodig waarin jy jou opdragte kan doen.