Mosaïek: gebreekte teëls of soortgelyke materiale wat saamgevoeg word om patrone/ontwerpe in beton en pleister te skep, word op ’n 2D- of 3D-oppervlak aangewend; dekoratiewe doel
Mosaïeksteentjies: klein, gewoonlik reghoekige stukkies klip, glas of ander materiaal wat gebruik word om ’n mosaïek saam te stel. Dit is wyd deur die antieke Romeine gebruik om vloere te versier en die gebruik van gekleurde glas het in die ooste ontstaan. Die getekstureerde en veelkleurige versiering van die binnekante van kerke was in groot kontras met die eenvoud van die buitekant?
Motief: belangrikste tema of hoofdeel van ’n komposisie; individuele element/simbool of kombinasie van elemente wat herhaaldelik in ’n ontwerp gebruik word; kan eenheid skep deur herhaling van motief
Multikulturalisme: insluit van invloede en beelde wat uit verskillende kulture verkry is
Multimedia: kontemporêre kunstenaars gebruik ’n verskeidenheid media, dikwels “nuwe media” soos teks, oudio, video om kuns te skep; verwys ook na elektroniese media wat multimedia stoor of gebruik word om dit te ervaar
Muurskildery: ’n ontwerp wat op die oppervlak van ’n muur as primêre oppervlak aangebring is
N
Narratief: die skepping van ’n storie wat deur praat, skryf of prente ’n reeks fiktiewe of nie-fiktiewe gebeure vertel
Naturalisme: kuns wat poog om akkuraat en getrou die werklike voorkoms van dinge voor te stel. (Die term naturalisties en realisties word dikwels sinoniem gebruik, maar realisme verwys na ’n spesifieke beweging in die 19de eeu.) Staan ook as verteenwoordigende kuns bekend
Negatiewe ruimte/vorm/fatsoen: die ruimte om die werklike fatsoen of voorwerp wat nie beslaan word nie; die “grond” in ‘n figuur- agtergrond verwantskap; die gedeelte wat deur ’n fatsoen of vorm beïnvloed en beheer word
Neutrale kleure: verwys gewoonlik na die gebruik van nie-kleure soos swart, wit en grys en al die skakerings tussenin; het baie lae versadiging
Niefiguratief: vorms wat nie herken kan word nie; teennatuurlike interpretasie; abstrak