’n Versteekte venster verhelder die wit marmerstandbeeld en die omringende goue strale van bo af sodat die toneel as ’n mistieke, gloeiende visie in die donker interieur van die kapel voorkom. teresa het ’n belangrike heilige tydens die teenhervorming geword. Deur St teresa se fisieke reaksie tot haar spirituele ondervinding te beklemtoon, het Bernini ’n enkele oomblik van klimaks en drama beklemtoon. St teresa reageer tot die engel wat haar deurboor met ’n vlammende, goue pyl. Sy stort ineen met algehele liggaamlike oorgawe in ’n houding van sensuele passie; haar kop is agteroor gegooi, haar mond is oop en haar oë is toe. ekstase word deur gesigsuitdrukkings uitgebeeld. Dit wil voorkom of haar liggaam heeltemal uitgeput is as gevolg van die groot emosionele spanning om met god te kommunikeer. Die twee figure dryf op ’n wolk.
Al die oppervlaktes is verfyn sodat die teksture van vlees, klere en rots onderskeibaar is. Die geïmpliseerde beweging is kenmerkend van Bernini se werk.
VLAANDERE Wie was Rubens?
Sir Peter Paul Rubens (28 Junie 1577 – 30 Mei 1640) was ’n Vlaamse Barokskilder en ’n propenent van ’n uitspattige Barokstyl wat beweging, kleur en sensualiteit beklemtoon het. Hy is baie bekend vir sy teenhervormingsaltare, -skilderye, -landskappe en historiese skilderye van mitologiese en allegoriese onderwerpe. Behalwe die bestuur van ’n groot ateljee in Antwerpen wat skilderye geproduseer het wat gewild was onder koninklikes en kunsversamelaars regoor europa, was Rubens ’n diplomaat wat tot ’n ridder geslaan is deur beide Philip IV, koning van Spanje en Charles I, koning van engeland.
“My talente is van so ’n aard dat ek nog nooit nie die moed gehad het om enige ontwerp te onderneem nie, hoe wyd ofuiteenlopend die onderwerp ookal
mag wees.” – Peter Paul Rubens,
PETER PAUL RUBENS, THE ABDUCTION OF THE DAUGHTERS OF LEUCIPPUS, 1616 – 17. OLIE OP DOEK