Mandala: ’n rangskikking van geometriese vorms/beelde in ’n straalvorm; algemeen in Hindoe en Boeddhistiese ontwerpe gebruik
Mandjiewerk: proses om (plant-) vesels (buigsame materiaal) soos pynappelstrooi, dierehare, velle, gras, garing en hout in ’n mandjie of soortgelyke vorm te weef; word gewoonlik onder handwerk geklassifiseer; weeftegnieke wat gebruik word, is gewoonlik antieke tegnieke wat baie kultuurspesifiek is en van geslag na geslag oorgedra word; vaardigheid en praktyk met die maak van mandjies
Massa: veronderstel gewig, digtheid of driedimensionele vorm van die voorwerp of area
Mate: grootte en afstand
Medium (meervoud is media): verwys na die materiaal wat gebruik word om die kunswerk te maak. (Dit kan ook verwys na die vloeistofbestanddeel van ’n verf, byvoorbeeld water, lynolie)
Meerjarig: wat lank of oënskynlik vir ewig hou of bestaan
Meerpuntperspektief: ’n spesiale lineêre illusiestelsel met meer as twee verdwynpunte op die horison waar parallelle lyne skynbaar ontmoet; skep ruimtelike illusie
Mensgemaakte voorwerpe: enige voorwerp wat deur mense geproduseer is; kan handgemaak wees of as massaproduksie deur masjiene
Metodologie: die manier waarop ’n idee of probleem aangepak word; verwys ook na die korrekte of voorgestelde metode van onderrig
Middelafstand: gedeelte van byvoorbeeld ’n beeld (2D) wat tussen die voorgrond en die agtergrond is
Miniatuurskildery: enige klein skildery wat deel is van ’n verligte manuskrip, maar het oorspronklik verwys na ’n skildery wat met minimum, ’n rooi pigment, geskets is, ook as deel van verligte manuskripte.
Modulasie: gladde oorgang of verandering
Monochromaties: kleurskema wat ontwikkel is van tinte en skaduwees van ’n enkele kleur of kleurtint, die gebruik van nou verwante kleure in ’n kleurskema; afgelei van dieselfde kleur, maar toon ’n variasie in waarde (ligter of donkerder) van dieselfde kleur wat uitloop in ’n reeks verwante kleure
Monteer: plasing van kunswerk op ’n ander meestal sterker oppervlak soos karton om jou werk te “raam” vir uitstaldoeleindes; montering wat aan die agterkant van die kunswerk aangebring word, laat ’n sigbare raam om die kunswerk