Party van die metopes wys die geveg tussen Centaur en Lapiths by die huweliksfees van Peirithoos, met tweegevegte of Centaur wat vrouens wegdra. Die mitologiese en geskiedkundige tema van die friese en die metopes konsentreer op die konfrontasies wat die Griekse beskawing gehad het met die onbekende. Dit dra by tot die algehele simbolisme dat die tempel die triomf van die beskaafde oor die onbeskaafde voor stel en Athene as stad van mag, vrede en demokrasie.
WOORDELYS
DROMME van ’n pilaar is die individuele silindriese dele waaruit dit gebou is.
ENTABLEMENT in argitektuur is die deel van ’n gebou tussen die kapitele van die pilare en die dak, insluitende die argitraaf, friese, kroonlys en pediment.
FRIESE is die sentrale deel van die entablement tussen die argitraaf en die kroonlys; enige horisontale dekoratiewe of beelhouwerksband.
METOPES is die vierkantige plate met of sonder beeldhouwerk wat afgewissel word met die trigliewe wat die friese van ’n Doriese tempel vorm.
NAOS is die ommuurde heiligdom wat die kultusbeeld in ’n antieke Griekse tempel huisves.
ORDES in Klassieke argitektuur bestaan uit ’n pilaar met ’n basis, skag, kapiteel en ’n entablement, versier volgens ’n sekere model – Dories, Ionies en Korinthies is tradisioneel in antieke Griekeland gebruik.
KROONLYS is ’n lae gewelf oor ’n portaal, deur of venster.
TRIGLIEF is ’n plaat wat in drie bande verdeel is deur twee vertikale groewe. Die panele word gebruik om die metopes af te wissel om die friese van ’n Doriese tempel te vorm.