TEMA: STILLEWE - VERTEL JOU STORIE - Jou onderwyser sal hierdie aktiwiteite lei.
Begin met jou BRONBOEK.
• Versamel voorwerpe wat jou lewe weerspieël. neem die volgende in ag: - kinderlewe – ’n gunsteling speelding, ’n babaskoen, ens. - Skoollewe – jou skooltas, ’n handboek, penne, verfbuisies, ens. - Huislewe – ’n voorwerp uit jou huis, soos ’n gungsteling teekoppie. - Jou belange – ’n sokkerbal, ’n fliekkaartjie, ’n selfoon, ens. - Aandenkings en voorwerpe wat betekenis vir jou het – ’n skulp, ’n saaddop, ens. - enigiets wat iets oor jouself sê – ’n gunsteling vrug, ens.
kyk dat die voorwerpe wat jy gekies het, interessant is. Jy mag dalk sommige van hulle nie gebruik nie, maar gebruik ten minste vyf voorwerpe.
• Maak klein tekeninge van jou gekose voorwerpe op ’n stuk papier en skryf langs elkeen neer wat hulle oor jou sê en waarom hulle in jou stillewe ingesluit is.
• Begin nou met jou komposisie. Plaas hierdie voorwerpe in verskillende komposisies. Doen miniatuursketse om te besluit op die opwindendste komposisie.
• kies jou suksesvolste komposisie en maak ’n tonale skets daarvan om jou bekend te maak met die voorwerpe.
• Jy kan ook die werk van ander kunstenaars navors wat stillewes gebruik het.
• nadat jy met jou kunsonderwyser gesels het, kan jy jou gedagteprosesse in skrif en/of visueel vir jou finale kunswerk dokumenteer deur die keuse van medium en die styl in ag te neem. Jy kan ’n paar eksperimente op jou gekose medium en in die styl doen.
• nadat jy hierdie taak voltooi het, kan jy skriftelik oor hierdie hele proses reflekteer.
Jou kunsonderwyser sal jou in hierdie proses lei en mag jou verdere instruksies gee rakende die media, grootte, tegnieke, ens. Voltooi hierdie kunswerk onder leiding van jou kunsonderwyser.