Afrika is ’n groot kontinent van taal- en kulturele groepe wat altyd in ’n konstante toestand van verandering was en is. As ons verwys na Tradisionele Afrika-kuns dui ons gewoonlik op die maskers, figure, reliëfsnywerk en voowerpe wat in Pre-Koloniese Afrika (voor Europese lande Afrika binnegekom het) gemaak is. Die kunsvorms het hulle oorsprong in sosiopolitiese en godsdienstige geloofstelsels.
WOORDELYS
KOLONISASIE is belangrik in die geskiedenis van Afrika. Kolonisasie het gedurende die industriële revolusie in die 19de eeu plaasgevind toe Europese lande op soek was na rou materiale. Afrika is deur die Europese lande verdeel in die lande wat ons vandag ken, sonder om die inheemse mense in ag te neem. Vanaf die 1960’s het Afrika-lande hulle onafanklikheid verklaar.
Hierdie is ’n voorbeeld van ’n stamfiguur wat uitgevat is vir ’n ritueel of ’n fees. Die figuur is heeltemal gekamoefleer soos hy sy nuwe spirituele identiteit aanneem. Die kostuum bestaan uit kleurvolle kledingstof, ’n masker en versierings in natuurlike materiale, krale, skulpe, ens. Die figuur swaai en dans terwyl musiek gemaak word, byvoorbeeld met instrumente soos dromme. Hierdie spesifieke kostuum verteenwoordig onlangse tye omdat dit ’n geverfde masker het met ’n fiets op die kop! Daar is nie voorbeelde vanuit vroeër tye nie aangesien die materiale nie lank gehou het nie en omdat daar nie kameras was nie. Die figure word soms gebruik om bang te maak, om stamgeskiedenis en –gebruike uit te druk of om mense te vermaak tydens belangrike stamseremonies.