Die ontwikkeling van die vroeë geometriese style van vaasversiering kom ooreen met die ontwikkeling in ander kunsvorme, soos beeldhoukuns. Die rye onbuigbare silhoeëtfigure soos gesien in die geometriese styl is later vervang met meer geronde kontoere wat beweging en ’n sin vir drama voorgestel het. Die gebruik van drie-dimensionele diepte het meer ingewikkeld geraak. Die skilderye het komplekse groepe figure gewys met driekwart aansig om perspektief uit te beeld. Kunstenaars het ook begin om met verskillende kleure op die vase te eksperimenteer. Dit het gelei tot die swart en rooi figuurstyl asook die wit agtergrondstyl.
WOORDELYS
KOEPELVAAS is ’n groot vaas wat gebruik is om wyn en water te meng in Antieke Griekeland.
TERRACOTTA is harde, bruinrooi, gewoonlik ongeglasuurde erdewerkklei wat gebruik word vir pottebakkery of beelhouwerk.
KYLIX, GEVERF IN DIE WIT
AGTERGRONDSTYL, ONGEVEER 470 V.C. DEUR DIE VILLA GUILA SKILDER. TERRACOTTA
PANATHENAISE AMPHORA, GEVERF IN DIE SWART FIGUURSTYL, ONGEVEER 525-500 V.C. DEUR DIE KLEOPHRADES SKILDER. TERRACOTTA
’N LEKYTHOS, GEVERF IN DIE ROOI FIGUURSTYL,ONGEVEER