Die katolieke kerk het kragtig te voorskyn gekom na die teenhervorming. Daar is van Italiaanse kunstenaars vereis om die mag van die kerk te ondersteun en om die skrifture ’n tasbare werklikheid vir die kerk se mense te gemaak het. Dit is gesien in die emosionele inhoud en die oortuigende realisme van Barokskilderkuns. In Carravagio se werk is daar niks wild of ongedissiplineerd nie, maar eerder ’n oorweldigende waarheidsliefde; wat baie roerend is. Caravaggio het ’n geweldige invloed gehad omdat hy as kunstenaar vir die eerste keer gekyk het na die volle werklikheid van die menslike bestaan met sy hoogte- en laagtepunte, van sy glorie tot veragtelikheid. Sy bewustheid van die belangrikheid van lig en donker in kuns was net so invloedryk; hy het chiaroscuro in europese skilderkuns begin gebruik, en dit was dominant vir baie eeue daarna. Die Aandete by emmaus is nog steeds asemrowend as gevolg van die eienaardige “onspirituele” Christus, ’n jeugdige met ’n mollige, gepunte gesig. na Sy opstanding, ontmoet Jesus twee van Sy dissipels. Caravaggio beeld die oomblik uit toe Jesus Homself tydens aandete daardie aand aan sy dissipels onthul het deur die brood te breek. Dit is die manier waarop hy die aandete seën wat skielik aan hulle onthul dat Hy hulle ‘dooie’ meester is. Hulle verbystering word verstommend uitgebeeld, terwyl die herbergier oorbluf en onbegrypend na die toneel kyk. Christus is kalm en verwyder. In die ryk, donker tone en omringende skaduwees word sy gesig verlig in ’n helder lig, wat van links af op Hom val. Die dissipel aan die regterkant maak die meer dramatiese gebaar as hy Jesus herken. Sy uitgestrekte arm weerspieël die kruisiging en een dramatiese voorverkorte arm lyk of dit uit die skildery na die kyker toe uitreik. Dit is in kontras met die soorgelyke, maar meer beheersde reaksie van die ander dissipel aan die linkerkant; dit lyk of sy verflenterde elmboog uit die skildery uitsteek, maar op ’n meer beheerde manier.
Die mandjie vrugte aan die rand van die tafel projekteer in ons ‘ruimte’ in. Dit is hoofsaaklik herfsvrugte wat gekies om hulle simboliese betekenis. Die storie word vertel deur elke element in die werk, nie die minste lig en donker nie. lig vloei uitwaards vanaf Jesus. ná Caravaggio is ’n nuwe klem op die werklikheid geplaas en op natuurlike drama – en die eindelose fluktuasies van lig kan in amper elke kunstenaar se werk na hom gesien word.
WOORDELYS CHIAROSCURA – die balans van lig en donker in ’n skildery, en die vaardigheid wat die kunstenaar toon om skaduwees te beheer. Figure of voorwerpe wat sterk verlig word, kontrasteer dramaties met ’n donker agtergrond.
Wie was Gentileschi?
Artemisia Gentileschi (8 Julie 1593–1652) was ’n Italiaanse Vroeë Barokskilder, en word vandag beskou as een van die mees suksesvolle skilders in die generasie wat deur Caravaggio beïnvloed is. In ’n era toe vroueskilders nie maklik aanvaar is deur die kuns gemeenskap nie, was sy die eerste vroulike skilder om ’n lid te word van die Accademia di Arte del Disegno in Florence.
Die behoefte van feministiese kunskritici om vrouekunstenaars her in te stel, het gelei tot die gewildheid van Artemisia, dogter van die beroemde skilder, orazio gentileschi.
ARTEMISIA GENTILESCHI,
JUDITH SLAYING HOLOFERNES, C. 1612 – 21. OLIE OP DOEK