Hierdie groep 12 driedimensionele standbeelde van menslike figure is uit gips gekerf. Die grootste figuur is ongeveer 76cm hoog. Hierdie figuur en die vroulike figuur, wat effens korter is, beeld gode uit volgens die embleme aan die voet van elke standbeeld. Die ander groter figure verteenwoordig priesters en die figuurtjies is die aanbidders. Die groottes van die standbeeldjies kom ooreen met die hiërargiese stelsel wat in Mesopotamië geskep is. Hierdie figure is in die tempel van Abu gevind. Hy was die god van plantegroei. Die figure is gebruik as spesiale beeldjies om die gode tydens rituele te vereer. Die figure is tussen 2900 v.C. en 2600 v.C. tydens die vroeë Sumeriese era geskep. Al die figure staan kiertsregop; hulle kyk voor hulle uit en hulle hande is voor hulle liggame saamgevou.
DIE GROEP STANDBEELDJIES VAN DIE TEMPEL VAN ABU BY TELL ASMAR.
Die manier waarop hulle staan, dui op gebed of op respek vir die gode. As daar in ag geneem word dat beeldhouwerke hulle eie “lewens” gehad het, wil dit voorkom of hierdie figure aanhoudend ter wille van die gemeenskap bid. Die figure staan botstil; met een voet effens voor die ander een. Die onrealisties gestileerde proporsies van die figure is met opset so geskep – met meer klem op die koppe. Die liggaam is as onbelangrik geag en slegs beskou as ondersteuning vir die vergrote kop. Die gesigte van die verskillende standbeelde is uiteenlopend en individueel, maar soms naïef. Die styl wat in hierdie standbeeldjies uitgebeeld word, is kenmerkend van kuns met spesifieke, gevestigde beginsels wat die skematiese vorms beklemtoon.
VISUELE KUNSTE 2011
Die liggame van al die figure is op soortgelyke keëlagtige vorms stileer. Al die ander dele van die liggaam, die kop, arms, bene en voete is verklein tot die keel- of silindervorm. ’n Herhaling van driehoekige vorms is ook sigbaar in die neuse, patrone op die baarde en op die hare en ook op die arms.