Die totstandkoming en verspreiding van Christenskap het bygedra tot die val van die Romeinse Ryk. Christene is vervolg omdat hulle nie die Romeinse Imperiale reëls dat alle inwoners offerandes aan die amptelike gode moes maak, wat ook die aanbidding van die keiser ingesluit het gevolg het nie. Dit was onmoontlik om ’n publieke lewe as ’n Christen in die Romeinse samelewing te lei aangesien alle aspekte van die amptelike en daaglikse lewe op ’n sekere manier beïnvloed is deur die aanbidding van Romeinse gode en die uitdrukking van lojaliteit aan die keiser. Hulle het martelaardom verkies met die beloſte van ewige lewe na die dood in plaas daarvan om hulle oortuigings te verraai. Hulle het ook die oortuiging dat Christenskap die enigste ware geloof was bevorder, dat dit alle aspekte van die lewe omvat het en dat dit op die waarheid gebaseer was. Die etos van welwillendheid en die verkryging van ’n spirituele lewe van hoop wat die beloning van ’n ewige lewe in die paradys belowe het, het oorspronklik aanklank gevind by gewone mense, soos die armer vakmanne en slawe en ook later by die ryker, intellektuele klasse.
Konstantien se besluit om Christenskap deur die Edik van Milaan as ’n ampelike geloof in 1313 te verklaar en om die hoofstad van die Romeinse Ryk na Bisantium te verskuif en die naam te verander na Konstantinopel, het die verdeling van die Romeinse Ryk in die Oosterse en die Westerse Ryke tot gevolg gehad. Keiser Teodosius het Christenskap as die enigste geloof op die Romeinse Ryk afgedwing en na sy dood, het die verval van die Romeinse Ryk vinnig plaasgevind. In Westelike Europa het die val van die Romeinse Ryk gelei tot die afwesigheid van ’n beherende mag wat deur die kerk vervul is. Deur ’n nuwe kode van wet toe te pas, is orde herstel en is mense bekeer tot die Christelike geloof. Pouse soos Augustyn en Gregorius die Grootte het die Romeinse keisers as politieke en spirituele leiers opgevolg. Die heerskappy van Justinianus het ’n mate van stabiliteit aan die Romeinse Ryk besorg omdat hy sommige westerse gebiede herstel het, die Romeinse wet gekodifeer het en begin het om ’n program te stig wat Christenskap as die ampetlike geloof versterk het.
Die ryk het ’n krisis ondergaan vanaf die heerskappy van Leo III in 726 tot 843 as gevolg van gewelddadige verskille oor die wettigheid daarvan dat mense beelde of goddellike figure kon skep of besit. Tydens hierdie periode van ikoniklasme, het kuns stagneer omdat beelde van goddellike figure, soos Jesus en Maria, verban is.
VISUELE KUNSTE 2011 WOORDELYS
’N MARTELAAR is iemand wat sal sterf eerder as om godsdienstige oortuigings prys te gee. Martelaarskap is die dood van ’n martelaar.
Met die oorsprong van die Moslem-geloof in die geskriſte van die Profeet Mohammed in die Koran, het Islam begin om na sy dood in 634 uit te brei deur die Nabye Ooste en tot in Indië. Islamietiese weermagte het Irak, Palestinië, Sirië, Egipte, Iran, Cirenaika en Tripolitanie teen 647 verower. Die Franse leier Charles Martel het die verspreiding van die Moslem-heerskappy in Spanje in 732 gestop. Ten spyte daarvan, het die teenwoordigheid van Moslemkultuur ’n blywende effek op Europa gehad.