Rotskuns is deel van die erfenis van die land en soos enige ander vroeë kunsvorms moet dit beskerm word omdat dit ons leidrade gee tot die lewenstyle en gelowe van die Prehistoriese mense. Dit skep nasionale trots deur die estetiese en sensitiewe uitbeeldings van die beelde. Toerisme kry ook ’n hup- stoot as plaaslike mense en ook toeriste die plekke besoek. Ongelukkig respekteer nie almal Rotskuns nie en sekere verwoesting het plaasgevind. Daarom moet maatreëls toegepas word om die kunswerke te beskerm.
HET JY GEWEET? ROTSKUNS VERSKYN IN DIE SUID-AFRIKAANSE WAPEN- SKILD: • San-figure van die LINTON-PANEEL
• Motto in die KhoiSan TAAL VAN DIE /XAM- MENSE WAT BETEKEN: UITEENLOPENDE MENSE VERENIG
2 .1
ROTSKUNS - Jou onderwyser sal lei hierdie aktiwiteit lei.
• Maak ’n potlood- of pentekening van jou, of iemand anders, se troeteldier. Teken die kat of die hond asof jy ’n San-kunstenaar is deur net die minimum hoeveelheid lyne te gebruik. Probeer om die regte proporsies uit te beeld. Gebruik lyntjies om tekstuur, ore, ’n stert, ens. aan te dui.
• Maak ’n tekening van jou liggaam deur na jou skaduwee wat plat is, en gevolglik tweedimensioneel is, te kyk. Staan in ’n interessante posisie.
• Maak ’n tekening deur ’n plat prent van ’n figuur met dele van die dier te verbind.
Dis ’n goeie idee om ’n wit waskryt en ’n bruin wasspoel te gebruik deur ’n ou nat teesakkie te gebruik. As jy die papier ’n bietjie krinkel voor jy dit in jou Bronboek inplak, kan dit dalk soos Rotskuns lyk.