In hierdie werk sien ons vir die eerste keer die uitbeelding van ’n alledaagse toneel – die troue van Arnolfini, ’n syhandelaar en sy vrou in hulle slaapkamer. As ’n teken van lojaliteit, neem Arnolfini sy vrou se hand en lig sy regterhand op. Al die voorwerpe in die kamer word presies soos wat hulle lyk voorgestel en speel ’n rol in die simboliese waarde van hierdie toneel. Die hondjie is ’n simbool van getrouheid. Die klompe wat eenkant lê, is ’n teken dat ’n godsdienstige seremonie plaasvind. Die vrugte in die vensterraam is ’n teken van vrugbaarheid. Die enigste brandende kers in die koperkandelaar dui op die teenwoordigheid van God in die vertrek. Op die bed is St Margaret uitgekerf, die beskermheilige van geboorteskenk. Op die muur in die agtergrond is ’n handtekening wat lees, ‘Jan van Eyck was in 1434 hier’. Die kunstenaar het ook sy weerkaatsing aan die onderkant van die spieël geskilder, wat dui op sy teenwoordigheid by die seremonie. Die spieël weerkaats die kamer, die rûe van die troupaartjie en twee ander figure, waarvan een die van die kunstenaar is. In die raam van die spieël is daar tien klein miniature wat die lewe van Christus uitbeeld. Van Eyck se meesterlike hantering van teksture kan gesien word in die rykheid van die bedkleed, die growwe pels van die hondjie, die groen rok van die bruid en die bruidegom se pers mantel wat met sabelpels omsoom is.
Wie was Breugel?
Pieter Bruegel die Ouere c. 1525 – 9 September 1569 was ’n Vlaamse Renaissance-skilder bekend vir sy landskappe en plattelandse tonele (genre-skilder). Hy word soms na verwys as ‘Boere- Bruegel’ om hom te onderskei van ander lede van die Bruegel-dinastie. Die naam is ook gebruik as dit nie duidelik in die gesprek was na watter Breugel daar verwys is nie.