Geloof het tot vandag toe ’n hoofinvloed in Islamitiese kuns gebly. Die gebruik van die oneindige patroon as versiering verwys na die idee om aardse voorwerpe te vermom sodat dit die aardse lewe kan oortref. Islamitiese kunstenaars het ook bestaande vorms en patrone van Bisantynse en Sassaniese kunstenaars gebruik en het daarop uitgebrei deur nuwe weergawes daarvan te skep en om die belangrikheid van eenheid, logika en orde daarin te beklemtoon. Die sirkel het die fondament van baie Islamitiese patrone geword terwyl die basiese gereedskap wat gebruik is om patrone te skep ’n liniaal en ’n kompas was.
Alhoewel afgodery verbied word in die Koraan, is die uitbeelding van mense of diere nooit verbied nie. Die uiterste interpretasie van hierdie reël het tot daartoe gelei dat daar baie min godsdienstige ikonografie bestaan. Die verheerliking van God se woord deur dit in Arabiese kalligrafie op verskeie oppervlaktes te skryf, gekombineer met geometriese en blomontwerpe, het gelei tot ingewikkelde komposisies. Mense- of dierefigure is nie gewoonlik binne ’n godsdienstige konteks gebruik nie, maar het in sekulêre kunswerke voorgekom.
ARGITEKTUUR
Kordoba, oorspronklik ’n Romeinse stad, is in 710 – 711 as die Islamitiese hoofstad van Spanje gekies. Na die uitwissing van sy familie in Sirië, het Abd al Rahnan na Kordoba gevlug en het die posisie van militêre goewerneur in 755 ingeneem. Kordoba het meer voorspoedig onder sy heerskappy geword. Hy het in 786 opdrag gegee vir die Groot Moskee van Kordoba.
Die moskee is gebou as ’n hipostyl vloerplan en bestaan uit ’n reghoekige bidsaal met ’n omringde binnehof. Hierdie plan is soortgelyk aan moskees in Sirië en in Irak.
DIE BUITEKANT VAN DIE GROOT MOSKEE IN KORDOBA WAT IN 786 GEBOU IS. ’N CHRISTELIKE KATEDRAAL IS BINNE-IN DIE OORSPRONKLIKE MOSKEE IN 1236 GEBOU.
WOORDELYS
AFGODERY is aanbidding van afgod.
’N AFGOD is ’n beeld of voorstelling van ’n afgod, gebruik as ’n voorwerp om aanbid te