Die beklemtoning van die vorm van die koepel ondersteun die feit dat hierdie kerk ’n vermenging van Rome en die Ooste uitbeeld. Met sy ligging op ’n hoë rant, kan die koepel van ver af gesien word. Hier verskil dit van Italiaanse argitektuur aangesien hulle koepels gewoonlik weggesteek is agter vooraangsigte terwyl koepels in die ooste beklemtoon is as argitekturele strukture en simbole van die kosmos.
Die buitekant van die Hagia Sophia in Konstantinopel, Istanbul, vandag – die minarette is bygevoeg toe die gebou in 1453 in ’n moskee verander is. Die gebou is in 1934 gesekulêr en is as ’n museum verklaar.