SAN VITALE IN RAVENNA Mosaïek wat die kerkmure versier het, is geskep uit tesserae, gewoonlik gemaak uit gekleurde glas, soms stene, metaal en halfedelstene. Die effek was baie ryk en het bygedra tot die idee dat die spirituele dimensie verteenwoordig word. Vroeë mosaïek het vorm gedefinieer in dik buitelyne met blokkies wat sterk en eweredig uitgelê is, maar die tegniek is deur die jare verfyn.
HIERDIE VROEË MOSAÏEK WAT
WOORDELYS
TESSERAE is klein blokkies klip, teël of glas of ander materiaal, gebruik om ’n mosaïek van te maak.
CHRISTUS AS APOLLO DIE SONGOD UITBEELD, IS ’N VOORBEELD VAN VROEË CHRISTENSE MOSAÏEKWERK. DIE BUITELYNE IS DIK EN
DIE TONALE WAARDES DRUK NIE BAIE DRIEDIMENSIONELE DIEPTE UIT NIE.
Die mosaïek van San Vitale in Ravenna is ’n voorbeeld van hierdie verfyning soos die gradering en plasing van die blokkies subtiele tonale waardes geskep het. ’n Vorm van naturalisme is tot stand gebring deur die uitbeelding van individuele identiteite in die hooffigure. Die mosaïekversiering is geïntegreer met die argitektuur van hierdie kerk. Die pragtige, individuele beelde is ook simbolies in hulle geheel, die werke het politieke ondertone soos die triomf van keiser Justinianus en die Ortodokse geloof is verkondig.
DIE BUITEKANT VAN DIE KERK VAN SAN VITALE BY RAVENNA GEBOU DEUR JUSTINIE, C. 527 – 547