• Wat is die oudste ding wat jy al gesien het? • Het dit aan ’n ou mens behoort? • Was dit in ’n museum? • Was dit deel van ’n omgewing? • Bied ’n kort verslag vir jou klas aan oor die voorwerp/ konstruksie. Noem die moontlike ouderdom, materiaal, doel en voorkoms.
• Plak ’n geskrewe en geïllustreerde weergawe in jou Visuele Kultuurstudiesboek.
In die meeste Vroeë Kulturele groepe soos Afrika-stamme, het daar nie ’n woord vir “Kuns” bestaan nie. Hulle artefakte en beeldhouwerke het meestal ’n godsdienstige of geloofsdoel gehad en is daarom beskou as ’n bruikbare voorwerp wat in die alledaagse lewe gebruik is. Die voorwerpe, strukture, graverings en skilderye het ontwikkel soos die mense se lewenstyle verander het. Historici verdeel die ontwikkeling van die mens in verskillende periodes:
DIE STEENTYDPERK
• Die Paleolitiese Periode - 40 000 v.C. – 10 000 v.C. Die mens was ’n swerwer wat gejag het en in grotte geskuil het. Hulle het graverings op steen, been en ivoor gemaak, en ook op hierdie voorwerpe geverf. Eenvoudige gereedskap en graverings was oor die algemeen primitief. Hulle het dierevelle as bedekkings gedra.
• Die Mesolitiese Periode: 10 000 v.C. – 3500 v.C. ’n Eenvoudige gemeenskapslewenstyl het ontwikkel met groepe riet-en kleiblyplekke. Dit was die begin van landbou en diere is naby waterbronne mak gemaak. Geweefde materiaal is vervaardig as klere en bedekkings.
• Die Neoliese Periode: 3500 – 1700 v.C. Dorpies het ontwikkel naby gekultiveerde velde.
DIE BRONSTYDPERK
Vanaf ongeveer 2000 v.C. het die mens ontdek dat as koper en blik gekombineer word, dit ’n harder allooi naamlik brons skep. Wapens soos swaarde en pylpunte asook beeldhouwerke is uit brons gemaak. Oor die algemeen, het die mans voortgegaan om hulle gemeenskapslewe in nedersettings voort te sit.
DIE YSTERTYDPERK
Dit is aangeteken dat yster uitgevoer is na Europa in 700 v.C. Yster is in die plek van brons vir wapens, gereedksap en versierings gebruik. Geometriese patrone, voëls, diere en fantasie is as deel van die versierings gebruik.
HET JY GEWEET DAT SOOMLOSE STEENGEREEDSKAP WAT 27 000 JAAR OUD IS, GEVIND IS BY DIE APOLLO 11-TERREIN IN NAMIBIË. DIT DUI AAN DAT DIE VOOROUERS VAN DIE SAN-MENSE VAN SUIDELIKE AFRIKA DIE LANGSTE AANEENLOPENDE KUNSTRADISIE IN DIE WÊRELD HET.