Vanaf 1860 het Japannese gekleurde houtblokafdrukke in Europa opgeduik en dit het ’n bron van inspirasie vir baie Impressionistiese skilders geword. Die Japannese houtsnee-afdruk beeld die tipiese kenmerke van plat vorms van kleur met beskrywende en dekoratiewe lyne uit. Die toneel wat uitgebeeld word, dui ’n deel van ’n beeld aan, nie die hele omgewing nie. Impressionstiese en post-Impressionistiese kunstenaars is veral beïnvloed deur die gebrek aan perspektief en skaduwee, die plat areas van sterk kleur en die assimetriese komposisies.
Vincent van Gogh in sy portret van Pere Tanguy, die eienaar van ’n kunswinkel, beeld ses verskillende Japannese houtsneewerke in die agtergrond uit.
VINCENT VAN GOGH, PERE TANGUY, 1887 – 8. OLIE OP DOEK
3.2
Voltooi in jou VKS-werkboek.
Toulouse-Lautrec is opdrag gegee om die plakkaat, Divan Japonaise, te maak om kliënte na ’n nuwe Paryse nagklub in 1893 te lok. Die nagklub was versier met modieuse Japannese motiewe en lanterns.
BeSpReek HOe JApAnneSe AFDRUKKE TOULOUSE- LAUTREC SE DIVAN JAPONAISSE BeïnVlOed HeT deuR dIe VOLGENDE IN AG TE NEEM:
• Onderwerp • Gebruik van lyn, vorm en kleur • komposisie • Styl
HENRI TOULOUSE-LAUTREC, DIVAN JAPONAISE, 1893, LITOGRAAF