Driedimensioneel: voorwerp wat diepte, hoogte, lengte en breedte het en van alle kante bekyk kan word (bo, onder, sykant en agterkant) – ’n mens kan rondom beweeg
Drukwerk: om ’n inkbeeld op ’n plaat of blok van daardie oppervlak na ’n ander oor te dra
E
Eenheid: versameling of plasing van vorms, kleure, teksture, lyn, konsepte of voorwerpe met ooreenstemmende eienskappe om ’n eenheid of gevoel van eenheid weer te gee
Eenpunt-perspektief: om ’n 3D-voorwerp te toon deur ’n 2D-oppervlak te teken; lyne wat wegbeweeg van die kyker en by een fokuspunt op die horison bymekaarkom (verdwynpunt)
Eienskappe: ’n unieke kombinasie van kenmerke wat spesifiek byvoorbeeld ’n kunstenaar of kunsstyl verteenwoordig; kenmerke wat dit anders as die res maak
Eksoties: anders; van ’n ander kultuur
Ekspressief: ’n energieke en soms sterk kwaliteit van lyn, vorm, tekstuur of kleur wat ’n sekere sterk emosie of gevoel weerspieël
Ekspressionisme: kunsstyl waar die klem op die uitdrukking van emosies en gevoelens van die kunstenaar is. eienskappe sluit distorsie en vergroting in
Elimineer: wegneem of uitvee
Elitisties: om aan ’n groep mense te behoort met voorregte wat ander nie beskore is nie
Erfenis: eienskappe, kenmerke, tradisies van die lewe, veral deur dinge voor te stel wat van geskiedkundige belang is en wat ’n sterk impak op die samelewing het, en wat van een geslag na die ander van ’n spesifieke kultuur oorgedra is
Esteties aangenaam: skoonheid wat deur ’n produk uitgestraal word; skoonheid wat deur die kyker ervaar word; mooi en visueel genotvol; wanneer iets as gevolg van sy skoonheid gekategoriseer is, word as gevolg van ’n estetiese oogpunt daarna gekyk.
Esteties: die teorie van die genot van iets om sy skoonheid en aangename eienskappe
Estetika: ’n studie van kuns en teorieë oor die natuur en die waardering van skoonheid
Evalueer: om die waarde van iets volgens vaste kriteria te bepaal VISUELE KUNSTE 2011