DIE TRANSFORMASIE VAN LAAT MANNERISME TOT BAROK HET IN ROME PLAASGEVIND AAN DIE EINDE VAN DIE 16DE EEU WAAR CARAVAGGIO SE SKILDERYE ’N VORMENDE INVLOED OP DIE BAROKSKOOL VAN SKILDERKUNS GEHAD HET
Wie was Caravaggio?
Michelangelo Merisi da Caravaggio (29 September 1571 – 18 Julie 1610) was ’n Italiaanse kunstenaar wat ’n opvlieënde geaardheid gehad het. Hy is op verskeie geleënthede in die tronk gegooi is en uiteindelik is ’n teregstellingsbevel teen hom uitgereik deur die Pous. In 1606 het hy ’n jong man in ’n geveg doodgemaak en het hy uit Rome gevlug met ’n prys op sy kop. In Malta was hy betrokke in nog ’n geveg, en nog een in napels, moontlik ’n opsetlike aanval op sy lewe deur vyande. teen die volgende jaar, na ’n relatiewe kort loopbaan, is hy dood. Berug terwyl hy geleef het, is Caravaggio amper onmiddellik na sy dood vergeet, en dit is slegs in die 20ste eeu dat sy belangrikheid in die ontwikkeling van westerse kuns weer ontdek is.