Die Doodswalvis-Donderweervoël-Totem is ’n vierfiguurtotem. Die eerste figuur is die ‘sistil’ of tweekoppige Seeslang wat die lugmense beskerm. Die tweede figuur is die doodswalvis wat verteenwoordigend is van die stamvoorvader wat geassosieer word met krag, waardigheid, voorspoedigheid en langslewendheid. Die derde figuur is die Kraai wat geassosieer word met Hamatsa, die winterseremonie. die vierde figuur is die Donderweervoël, ’n yslike bonatuurlike wese wat donderweer en weerlig veroorsaak.
Die totem is gekerf uit geel sederhout en is slegs een meter hoog en ’n halwe meter wyd. Nadat dit gekerf is, is dit geverf.
3.1
FAMILIE-TOTEM - Jou onderwyser sal hierdie aktiwiteit lei.
Maak afdrukke van foto’s van jou familielede. Knip slegs hulle koppe uit. Plak hulle bo-op mekaar in ’n vertikale lyn. Jy het jou familie-totem geskep! Gebruik penne, ens. om jou totem artistiek te voltooi. Vernoem jou totem na jou familienaam.