Roggeveen, die Hollandse Admiraal, het ’n nuwe eiland in 1722 in die Stille Oseaan tydens Paastyd ontdek en het dit gevolglik Paaseiland genoem.
Hy het groot steenkoppe, wat elk ongeveer 10 meter hoog was, langs die kus gesien. Daar was twee stamme op die eiland wat Roggeveen geïdentifiseer het as die Ha-nau- aa-epe, die “lang-oor-stam” wat klaarblyklik in beheer was van die Ha-nau-mo-moko, die “kort-oor- stam”.