In San-Rotskuns is daar baie voorbeelde van beelde wat gedeeltelik mens en gedeeltelik dier is, wat teriantrope genoem word. Die sjamaan het met ’n dier geïdentifiseer gedurende die beswymingsdans en het die dier “geword”.
Tema: ’'n miTologiese wese vir ons Tyd
Die opdrag is om ’n mitologiese wese te skep wat ’n mengsel van diere- en mensedele is. Onthou hoe suksesvol Jane Alexander diere-aspekte met menslike vorms gemeng het in Te Butcher Boys. Baie kunstenaars het diere- en mensevorms gekombineer om teriantrope te skep om verskillende idees uit te druk.
WALMOR CORREA, ONDINE, 2006. AKRIEL EN GRAFIET GRAPHITE.
MARK CHAGALL, THE JUGGLER, 1943.
Correa is ’n Brasiliaanse kunstenaar wat wetenskaplike tekeninge van denkbeeldige ondiere en basterlewensvorms skep.