• Nou kan jy begin om jou mitologiese wese aanmekaar te sit. Dink aan gepaste posisies of aksies sodat jou wese nie net in ’n vooraansig uitgebeeld word nie. Jy moet sketse maak en/ of vind geskikte bronmateriaal van foto’s, ens.
• Oorweeg dit om ’n collage te maak soos die een aan die linkerkant en/of maak ’n paar sketse van jou unieke mitologiese wese deur te verwys na enige aspekte van jou navorsing en tekeninge.
• Dink ’n naam vir jou skepping uit.
• Nou moet jy jou komposisie oorweeg. Dit is dalk ’n goeie idee om nog simbole van ons tyd in te sluit asook om ’n spesifieke agtergrond te skep.
• Nadat jy klaar is met hierdie taak, kan jy hierdie hele proses in jou skryfwerk weergee.
Jou opdrag is om ’n finale kunswerk te maak gegrond op die tema van ’n mitologiese wese. Jou kunsonderwyser sal jou deur hierdie proses lei en kan jou verdere instruksies gee oor die media, grootte, tegniek, ens. Voltooi jou kunswerk met die leiding van jou kunsonderwyser.
Nota: Die finale kunswerk kan tweedimensioneel (teken, skilder en/of gemengdemedia) wees of driedimensioneel (keramiek, ens.) uitgedruk word.
Die volgende werk deur leerders kan as inspirasie dien. Die opdrag was om ’n liggaamskaart met ’n seegedierte, anatomiese detail en ’n interessante voorwerp te kombineer. Dink aan jou mitologiese wese gekombineer met ’n kompas, rekenaar of Ipod.