Allegorieë word ook in die volgende twee voorbeelde van Alexis Preller en Judith Mason se werk gebruik om ’n boodskap oor te dra. Vind meer uit oor die onderwerpe wat elkeen van hierdie kunstenaars gebruik het, deur die verwysings, wat betrekking op die titels van hierdie werke het, na te lees. Verduidelik hoekom hierdie werke allegories is.
ALEXIS PRELLER – MARATHON. 1970. OLIE EN GIPS OP DOEK, 122×137 CM
SKEP JOU EIE ALLEGORIESE KUNSWERK - Jou onderwyser sal hierdie aktiwiteite lei.
• Soek ’n Griekse of Romeinse mite wat jy interessant vind of waarby jy aanklank vind. • Skryf jou interpretasie van die storie neer. Wat is die moraal van die storie? Is die boodskap van toepassing op die lewe in die 21ste eeu?
• Watter toneel is die belangrikste in die storie? • Maak seker dat jy al die bostaande skriftelik en/of visueel in jou bronboek aanteken. • Maak ’n paar klein sketse om die toneel uit te beeld. • Na ’n bespreking met jou onderwyser, maak ’n komposisietekening voor jy met die kunswerk begin. Besluit wat jy wil hê kykers moet in jou kunswerk sien sodat hulle jou boodskap kan verstaan.
• Dokumenteer jou denkprosesse vir jou finale kunswerk in skrif of visueel deur die keuse van medium, styl, komposisie en betekenis te oorweeg.
• Nadat jy jou taak voltooi het, kan jy in skrif oor die hele proses besin.
Jou kunsonderwyser sal jou in hierdie proses lei en kan jou verdere instruksies gee aangaande die media, grootte, tegniek, ens. Voltooi jou kunswerk onder leiding van jou kunsonderwyser.