Allegorie –’n storie of afbeelding waarin voorwerpe en gebeure ’n simboliese betekenis het. Allegorieë word
gebruik om idees en morele beginsels, ens. te beskryf. – Collins English Dictionary
In die antieke Griekse kuns is daar ’n verskeidenheid werke – meer spesifiek uit die Hellenistiese tydperk – met allegoriese betekenis. Die twee illustrasies van slapende figure is voorbeelde van hoe Griekse kunstenaars wegbeweeg het van slegs die voorstelling van ’n persoon of storie. Deur ’n potensieel dieper betekenis te impliseer, word die waarnemer aangemoedig om dieper na te dink oor wat voorgestel word. Wat uitgebeeld word, sê ook iets anders.
SLAPENDE ARIADNE, ROMEINSE KOPIE VAN ’N HELLENISTIESE BEELDHOUWERK, 200 N.C.
BESPREEK DIE VOLGENDE:
• Beskryf die liggaamshouding van albei figure.
• Watter boodskap dra dit oor?
• Doen navorsing oor die mites waarin Ariadne en Eros voorkom.
• Is daar nog ’n boodskap wat deur elk van hierdie beeldhouwerke oorgedra word? Kry jy enige definitiewe antwoorde wat die betekenis van hierdie werke verklaar?