Hierdie Hollandse skilder het ’n voorliefde vir alledaagse tonele gehad, veral vir die uitbeelding van ‘boeremense’. Die kyker word genooi na ’n opgewekte fees om die huwelik van twee boeremense te vier. Die skildery is ryk in detail – die figuur aan die linkerkant wat die kruik wyn volmaak, die pasteie wat op ’n deur na die tafel toe gedra word en die doedelsakspeler wat honger na die kos staar. Dit dui alles op Bruegel se vermoë om die boeremense se aardsheid uit te beeld. In hierdie skildery, vier hierdie eenvoudige mense ’n troue in ’n skuur. Aan die regterkant is ’n figuur in ander soort klere en met ander gelaatstrekke, wat dalk ’n selfportret van die kunstenaar is. Volgens legende het Bruegel vermommings gebruik om deel te neem aan die boeremense se uitgelate byeenkomste. Die verskillende houdings, bewegings en gesigsuitdrukkings van die figure beeld hulle vreugde uit. Alhoewel hulle eenvoudige mense is, het Breugel hulle waardigheid gegee. Die vet en verspotte bruid word onder haar papierkroon uitgebeeld. Die doedelsakspeler het ’n kinderlike uitdrukking op sy gesig, ’n kind eet iets in die voorgrond, ’n jong man met ’n lepel in sy hoed help om kos te bedien en ’n ou man kyk op in afwagting. Die komposisie beweeg diagonaal vanaf die vloer na die kyker. Die diagonale lyn word wyer na vorentoe om die kyker na hierdie skildery toe aan te lok. In die voorgrond aan die linkerkant is ’n versameling van kruike en twee figure om die komposisie uit te balanseer. Die dronk, eiesoortige karakters is die absolute teenoorgestelde van die Italiaanse idee van verfynde perfeksie.
Wie Was Grunewald?
Matthias Grünewald, (c. 1470 – 31 Augustus, 1528), was ’n Duitse Renaissance skilder wat op godsdienstige werke gefokus het. Hy het die klassisme van die Renaissance geïgnoreer en het aangehou om die ekspressiewe en intense styl van die laat Middeleeuse Sentraal Europese kuns tot in die 16de eeu uit te beeld.
Die Isenheimse Altaar is oorspronklik in drie lae gerangskik. Die Kruisiging is op die buitenste vlerke sigbaar wanneer die altaar toegevou is. Die sentrale Kruisiging is een van die intenste beelde van die lyding van Christus. Grünewald beeld die kruis as twee growwe stompe uit, nog groen; die kruisboog word afgetrek deur die aaklige gewig. Christus het oomblikke tevore in pyn gesterf.
MATTHIAS GRÜNEWALD, CRUCIFIXION FROM THE ISENHEIM ALTARPIECE, C. 1512 -15. OLIE OP PANEEL
“Die Boere- Bruegel”
Maar, Bruegel se werk, wat gebaseer is op waarnemings in die werklikheid, kom meer werklik en menslik voor. Hy gebruik dun lae verf om ’n wonderlike sin van rykheid en ’n verskeidenheid kleure uit te beeld. Breugel was aan die hoof van ’n familie van skilders, wat in die 16de en 17de eeue floreer het. Breugel het ’n Bybelse waardigheid aan die toneel verleen. Miskien was hierdie mense wat naby aan die land geleef het sy ideale soort mense. (Soek die man met die drie bene.)